GPS ko-ordinate Groottrek 175 – Wasbank

(opgeneem op 12/10/13)

NB: ko-ordinate formaat (DD MM.ddd).

S: Suid
O: Oos

Vanaf Jan Labuschagne (Blinkwater) vertrekpunt:
9 Desember:
S=28° 19.344’
O=30° 11.588’

 

 

 

 

 

 

 

 Grondpad na teer aansluiting vanaf Jan:

S=28° 19.487’
O=30° 10.081’

 

 

 

 

 

 

 

T-aansluiting by groot teerpad (helpmekaar aanwyser ):

{Dundee, regs 20km/Wasbank links 3km}
S=28° 18.400
O=30° 9.308′

 

 

 

 

 

 

 

Biggars gat  plaas:
S=28° 14.434′
O= 30° 11.280′

 

 

 

 

Talana museum. (Dundee):
s=28° 09.360′
o=30° 15.569′

 

 

 

 

 

 

 

Let wel:

  1. Indien u van Dundee se kant af ry, sal die eerste punt se lesing op Dundee wees en die laaste punt se lesing Jan Labuschagne (blinkwater) wees. Dis die punt waar almal op 9 des. Bymekaar kom.
  2. Om op 9 des. Om 5 nm die inhuldiging van die graniet tablet & monument  te Wasbankspruit by te woon, is die volgende gps ko-ordinate van toepassing: 

S=28° 17.590’
o=30° 7.326

(Wasbank dorpie draai regs al langs spoorlyn vir ongeveer 4km)

By treinbrug en spruit.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Groottrek 175, Wasbank – Bloedrivier. Des. 2013

Op 9 Desember 2013 begin die simboliese Groot Trek vanaf Wasbank, waar die Voortrekkers die eerste keer in volle teenwoordigheid die Gelofte afgele het.

Alle belangstellende volksgenote sal gedurende die dag op die plaas Blinkwater, van Mnr. Jan Labuschagne vergader.   Om 5 nm. beweeg ons met voertuie na die naby- gelee Wasbankspruit;  onthul die marmer tablet en doen die  herbevestiging van die Gelofte op die plek waar die laer gestaan het.

Persone wat nie weet waar die plaas is nie, moet vooraf reel om vanaf Dundee begelei te word. (Navrae kan gerig word soos hieronder aangedui.) G.p.s. koordinate is ook beskikbaar.

Op 10 Des sal daar n perdekommando bestaande uit dames en mans; drie waens met Afrikaner osse, fietsryers en verskeie motors die pad aandurf na die volgende oornagplek nl. Biggars gat, op die plaas van Mnr. C.A. Froneman.   Daar aangekom, sal daar by die groot dam eers n bietjie kleilat gegooi word; toutrek sal plaasvind  asook ander ontspannings. Die aand sal n klein konsert plaasvind/vertellings/ volksliedjies gesing word, begelei deur die Boeremusiekgulde. Later word afgesluit met aandgodsdiens en herbevestiging van die Gelofte. So sal by elke oornagplek n program wees.

Die derde en vierde oorslaappunte sal by Talana Museum (Dundee) en op die plaas van Mnr. Frik Vreken wees.

Op 13 Desember trek die laaste skof na Bloedrivier.

DIE VOLGENDE FASILITEITE WORD VOORSIEN:

  • n Waterkar met 1000L water
  • Mobiele toilette.
  • Bestellings kan vooraf geplaas word vir vleis braaipakkies.
  • Pap en sous word voorsien vir die aand.
  • Warm water word voorsien.
  • Beperkte stort fasiliteit, veral vir die dames.
  • Vuurmaakhout vir n kampvuur.
  • Pamflette met volksliedjies.

TER INLIGTING:

  • Indien persone nie die volle toer kan meemaak nie, kan daar wel by enige van die ander oornagpunte ingeskakel  word.  Reelings moet net vooraf getref word.
  • Elk sal sorg vir eie slaapgerief(tent/woonwa) en eetgerei.   Oggend-ete is selfversorgend.
  • Persone wat wil deelneem aan die konsert kan vooraf reel en n item lewer.  U is welkom.
  • Geen besprekings is nodig nie.
  • Volksgenote, kom betaal u Gelofte!

 

NAVRAE:  FRANS SCHUTTE … SEL: 0833755198 / BOETMAN DUMINY … SEL: 0836593843.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Bloedrivier Geloftefees 175 – Feesterrein Program

13 – 16 Desember 2013

Datum Tyd Aktiwiteite
Vrydag 13 Desember Middag Herdenkingstrek kom by Bloedrivier Feesterrein aan
Saterdag 14 Desember Deur die dag Boere- en perdesport
Aand Volkspele, samesang, Langarmdans in eeufees saal
Sondag 15 Desember 09:00 Diens in walaer: Herbevestiging van Die Gelofte
11:00 Vegkop toneelgroep (Uitbeelding / vertelling rondom ander konflik in daardie tydperk)
13:00 Klim Vegkop uit. Bespreking van Bloedrivier slag
17:00 Eeufees saal: Bespreking van gebeure na die slag gefokus op omstandighede van individuele gevalle
19:00 Fakkelloop na walaer. Herbevestiging van Gelofte
Maandag 16 Desember 06:00 Oggendstond biduur in walaer
09:00 Herbevestiging van Gelofte en kranslegging.
10:00 Geloftefees diens in eeufees saal: Ds. Piet Fourie
Gasspreker :  Alana Bailey – tema: Die Gelofte
12:00 Piekniek of braai saam op terrein (kole word voorsien)

Posted in Herdenking by with no comments yet.

Bloedrivier Geloftefees 175 – Herdenkingstrek Program

9 – 13 Desember 2013

Datum Tyd Aktiwiteite
Maandag 09 Desember Oggend Versamel op die plaas Blinkwater (J Labuschagne) en slaan kamp op
17:00 Onthul graniet tablet by Wasbank klipstapel.(Nota 1)
Aand Kort aandprogram by oornagkamp
Dinsdag 10 Desember Oggend Trek na die plaas Biggarsgat ( CA Froneman)
Aand Kort aandprogram by oornagkamp
Woensdag 11 Desember Oggend Vertrek na Dundee (Talana Museum)
Aand Kort aandprogram by oornagkamp
Donderdag 12 Desember Oggend Vertrek na die plaas Doringberg (Frik Vreken)
Aand Kort aandprogram by oornagkamp
Vrydag 13 Desember Middag Herdenkingstrek kom by Bloedrivier Feesterrein aan

 


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Belangrike datums|FAK-nuusbrief

1836
16 Oktober 1836 – Die Slag van Vegkop vind plaas waar ongeveer 6 000 Ndebele die Potgieter-trek aanval. Ná die geveg is 1 137 assegaaie in die laer opgetel. Twee Voortrekkers en 430 Ndebele is gedood. Al die Trekkers se vee is gebuit, naamlik 4 600 beeste, 100 perde en 50 000 stuks kleinvee.
1837
9 September 1837 – Piet Retief kondig aan dat die vyfmankommissie ’n geskikte pas oor die Drakensberg gevind het.
13 September 1837 – Die Voortrekkers verdeel in twee groepe. Piet Retief vertrek na Natal en Potgieter en Maritz noordwaarts op ’n strafekspedisie teen die Ndebele.
7 Oktober 1837 – Piet Retief gaan die eerste keer die Drakensberg af om Port Natal en koning Dingane te besoek. Hy skryf dit is een van die mooiste landstreke wat hy nog ooit in Afrika gesien het.
19 Oktober 1837 – Retief en sy geselskap bereik Port Natal – die latere Durban.
21 Oktober 1837– Retief se trekgeselskap bereik die kruin van die Drakensberg, waar hulle langs ’n stroompie uitspan. Eerwaarde Erasmus Smit skryf dat die besondere rotsformasie hom tot ’n kerk of plek van aanbidding sou kon leen – vandaar die naam Kerkenberg.
30 Oktober 1837 – Hendrik Potgieter en Piet Uys val Mzilikazi met 330 man aan en dien die Ndebele se mag ’n gevoelige knou toe.
1838
23 September 1838 – Gerrit Maritz sterf op die ouderdom van 41 jaar in Sooilaer. Sy laaste woorde was: “Hoe moeilik dit ook lyk, julle sal die opbloei van ons volk seker aanskou in die veelbelowende land.”

25 September 1838 – Gerrit Maritz word net buite sy laer begrawe. Psalm 89:49 en Job 19:26 was die teksverse.

30 September 1838 – Eerwaarde Erasmus Smit doop vyftien kinders.

20 Oktober 1838 – Gerrit Maritz se neef Johan Rudolph word in sy plek as weesheer van die Voortrekkers in Natal aangestel.

23 Oktober 1838 – Die Voortrekkers besluit om ’n dorp aan te lê en dat die dorp na Piet Retief en Gerrit Maritz vernoem sal word. Dit word as die stigtingsdatum van Pietermaritzburg beskou.

25 Oktober 1838 – Die Voortrekkerleier Louis Tregardt sterf in Lourenço Marques.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

SAAMSINGLIEDJIE KOMPETISIE|GROOT TREK 175 (AKB)

GROOT TREK 175 (AKB)
POSBUS 58742
KARENPARK
0118

Tel: 076 041 8190 e-pos: saamsing@kyknou.net

21 Augustus 2013

SAAMSINGLIEDJIE KOMPETISIE : GROOT TREK 175 (AKB)

Met Groot Trek175 wil ons graag iets meer blywends nalaat as blote herinneringe. So met die afgelope paar jaar het ons ook tot die besef gekom dat alhoewel daar ‘n bombardement van Afrikaanse luisterliedjies vir verskillende smake was, daar geen nuwe saamsingliedjies die lig gesien het wat mense en veral jongmense se verbeelding aangryp nie. Ons wil graag liedjies hê wat groepe sommer spontaan om die braaivleisvuur terwyl ons vir die kole wag spontaan sal begin sing en nie kan ophou nie. Liedjies waarby skoolkinders in ‘n bus op pad iewers heen spontaan sal inval as net een of twee uit hulleself van busry verveling begin sing en ewe skielik is die rit te kort.

Met bogemelde in gedagte kondig ons dan nou die Groot Trek 175 Saamsingliedjie kompetisie aan:

  • Tema 1: Die Groot Trek: Periode Louis Trichardt 1834/5 tot Vryataat se onafhanklikeid 1854
  • Tema 2: Vroue van die Tweede Vryheidsoorlog (Die Nasionale Vrouemonument is 16/12/1913 onthul.)

Sub temas/onderwerp: Vir beide temas, enige van die ondergemelde of u eie toepaslike onderwerp:

Helde; gebeurtenisse; vryheidstrewe; nalatenskap; geloofsvertroue; deursettingsvermoë; lewenswyse.

Wat ook al die tema van die lied, dit moet ‘n positiewe toekomsboodskap dra – lus wees om te lewe !

Die musiek moet meesleurend wees – wie dit hoor moet lus wees om saam te sing!

Versreëls per strofe – min om maklik die woorde te onhou; strofes soveel as wat u nodig ag.

Inskrywings aan briefhoofadres. Bevestig spoornommer asb. per e-pos. Navrae Telefonies/e-pos

Sluitingsdatum: 16 November 2013, maar stuur gerus sodra gereed.
Inskrywingsformaat

  1. Woorde en Musiek
  2. Twee straalplaat opnames
    1. Solo
    2. ‘n groep 3 – 4

Volle besonderhede, posbus, e-pos; telefoonnommers
Wenners: word op 5 of 6 Desember 2013 per gala geleentheid aangekondig.

Ons beplan ook om ‘n Groot Trek 175 gedenkplaat uit te gee en sal deur deelnemers met hulle agente/uitgewers gesprek tot ooreenkoms voer. Ons neem die liedjies saam op die simboliese trekke!

  1. Eerste prys R10 000;
  2. Tweede prys R5 000;
  3. Derde prys R3 000;
  4. Twee verdienste pryse R 2 000 elk.

Groete vanaf Groot Trek 175 (AKB)
Theuns de Wet (wg) Voorsitter Groot Trek 175 (AKB)

NS: Versprei asb onder u kunstenaar vriende, kennise en/of kunstenaars wat deur u werk of by u inskakel.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Nuwe publikasie oor Groot Trek monumente bekendgestel|Nuusbrief

n Splinternuwe boek oor die Groot Trek se monumente, terreine
en gedenkplekke deur dr. Jackie Grobler is op
Dinsdag 9 Julie by die Voortrekkermonument bekennt gestel.
Die funksie is in die foyer van die Erfenissentrum op
die terrein van die monument gehou. Die publikasie val
saam met die viering van die Groot Trek 175 vanjaar.
Die boek getiteld, Die Groot Trek – Gids tot monumente,
terreine en gedenkplekke in Suid-Afrika, is die derde
boek in die reeks van Kontak-uitgewers se Erfenisreeks.

Monumentale Erfenis. ‘n Gids tot
50 Afrikaner-gedenktekens, deur dr. Jackie Grobler
Geskiedkundige Kerke. ‘n Gids tot 50 tradisionele kerke
deur Jan Hoevers.
Die Groot Trek – Gids tot monumente,
terreine en gedenkplekke in Suid-Afrika, deur dr. Jackie Grobler
     

Posted in Herdenking by with no comments yet.

Belangrike Datums|Aankondiging

1837

6 Junie 1837 – Piet Retief, Gerrit Maritz en die burgerraad word by die huidige Winburg ingehuldig. ’n Grondwet van nege artikels word aanvaar.

1838

19 Junie 1838 – Gerrit Maritz verskuif sy laer na Loskop, nie ver van die huidige Estcourt nie. Die Maritz-laer het later as Sooilaer bekend geword, omdat hy die laer met ’n swaar sooimuur omring het.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Hulle was daar – Deelnemers aan die Slag van Bloedrivier|FAK Nuusbrief

Hulle was daar – Deelnemers aan die Slag van Bloedrivier

Die VTM-publikasie Hulle was daar – Deelnemers aan die Slag van Bloerdrivier , nagevors deur Estelle Pretorius, is bygewerk en sal eersdaags herdruk word.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Groot Trek 175 Kultuurfees|FAK Nuusbrief

Die reëlings vir die Groot Trek 175 Kultuurfees op Erfenisdag vorder baie goed en beloof om ‘n heerlike gesinsdag vol interessanthede te wees.

Datum: 24 September
Tyd: Van vroeë oggendure
Plek: Die Voortrekkermonumentterrein

Vir meer inligting rakende die dag se gebeurtenisse kontak vir etta@vtm.org.za


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis