SAAMSINGLIEDJIE KOMPETISIE|GROOT TREK 175 (AKB)

GROOT TREK 175 (AKB)
POSBUS 58742
KARENPARK
0118

Tel: 076 041 8190 e-pos: saamsing@kyknou.net

21 Augustus 2013

SAAMSINGLIEDJIE KOMPETISIE : GROOT TREK 175 (AKB)

Met Groot Trek175 wil ons graag iets meer blywends nalaat as blote herinneringe. So met die afgelope paar jaar het ons ook tot die besef gekom dat alhoewel daar ‘n bombardement van Afrikaanse luisterliedjies vir verskillende smake was, daar geen nuwe saamsingliedjies die lig gesien het wat mense en veral jongmense se verbeelding aangryp nie. Ons wil graag liedjies hê wat groepe sommer spontaan om die braaivleisvuur terwyl ons vir die kole wag spontaan sal begin sing en nie kan ophou nie. Liedjies waarby skoolkinders in ‘n bus op pad iewers heen spontaan sal inval as net een of twee uit hulleself van busry verveling begin sing en ewe skielik is die rit te kort.

Met bogemelde in gedagte kondig ons dan nou die Groot Trek 175 Saamsingliedjie kompetisie aan:

  • Tema 1: Die Groot Trek: Periode Louis Trichardt 1834/5 tot Vryataat se onafhanklikeid 1854
  • Tema 2: Vroue van die Tweede Vryheidsoorlog (Die Nasionale Vrouemonument is 16/12/1913 onthul.)

Sub temas/onderwerp: Vir beide temas, enige van die ondergemelde of u eie toepaslike onderwerp:

Helde; gebeurtenisse; vryheidstrewe; nalatenskap; geloofsvertroue; deursettingsvermoë; lewenswyse.

Wat ook al die tema van die lied, dit moet ‘n positiewe toekomsboodskap dra – lus wees om te lewe !

Die musiek moet meesleurend wees – wie dit hoor moet lus wees om saam te sing!

Versreëls per strofe – min om maklik die woorde te onhou; strofes soveel as wat u nodig ag.

Inskrywings aan briefhoofadres. Bevestig spoornommer asb. per e-pos. Navrae Telefonies/e-pos

Sluitingsdatum: 16 November 2013, maar stuur gerus sodra gereed.
Inskrywingsformaat

  1. Woorde en Musiek
  2. Twee straalplaat opnames
    1. Solo
    2. ‘n groep 3 – 4

Volle besonderhede, posbus, e-pos; telefoonnommers
Wenners: word op 5 of 6 Desember 2013 per gala geleentheid aangekondig.

Ons beplan ook om ‘n Groot Trek 175 gedenkplaat uit te gee en sal deur deelnemers met hulle agente/uitgewers gesprek tot ooreenkoms voer. Ons neem die liedjies saam op die simboliese trekke!

  1. Eerste prys R10 000;
  2. Tweede prys R5 000;
  3. Derde prys R3 000;
  4. Twee verdienste pryse R 2 000 elk.

Groete vanaf Groot Trek 175 (AKB)
Theuns de Wet (wg) Voorsitter Groot Trek 175 (AKB)

NS: Versprei asb onder u kunstenaar vriende, kennise en/of kunstenaars wat deur u werk of by u inskakel.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis