Herdenking

Die Groot Trek 175

Die Groot Trek van Afrikaners in die 19de eeu vanuit die Kaapkolonie die binneland in, het ‘n blywende merk aan die Suidpunt van Afrika kom maak.

Dit is hierdie pioniere wat die land kom mak maak het: wat die plase, dorpe en stede aangelê het; kerke, hospitale en skole gebou het – wat gelei het tot ‘n moderne staat met nywerhede, paaie, damme en brûe asook krag en kommunikasie netwerke. Dit het ook gelei tot die ontdekking van goud, diamante en steenkool…

Daar is verskeie redes waarom sowat 17 000 Afrikaners die Kaap verlaat het, maar ons reken die belangrikste redes was die versuim van die owerhede om behoorlike hulp te verleen aan grensboere teen die Xhosa-rampokkers se moord- en rooftogte op die plase, en die verengelsing van die kerke, skole en howe. Daarby was die altyd inherente begeerte na ‘n eie vrye land… weg van Engelse Imperialiste, ‘n groot dryfveer.

Waarom herdenk ons die geskiedenis?

Die geskiedenis van ‘n volk is die verhaal van sy helde: die ideale wat hulle gekoester het, die uitdagings wat hulle die hoof moes bied, die stryd wat hulle gevoer het sodat ons, hulle nageslagte vry en in vrede kan lewe.

Elke geslag het sy uitdagings, daarom wanneer ‘n mens die geskiedenis herdenk, dan gaan dit nie soseer oor die verlede nie, maar oor die toekoms, want ons kan inspirasie put uit ons heldedom: die Piet Retiefs, Hendrik Potgieters, Sarel Cilliers en Andries Pretoriusse.

Vanjaar vier ons die 175ste herdenking van die Groot Trek. En die manier waarop ons dit doen, dra ‘n boodskap uit aan ons kinders. ‘n Boodskap dat ons ‘n trotse verlede het. Dat ons niks het om oor skaam te wees nie.

Daarom moet ons dit in oorgawe en in styl doen.

En derhalwe dié oproep aan almal wat hierdie boodskap lees en verstaan: Maak jouself beskikbaar, sluit aan en word deel van hierdie besondere gebeurtenis in ons volk se lewe deur dit saam met ons te herdenk.

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het die lang verwagte Groot Trek Dagboek op 23 Februarie vanjaar op Volksrust tydens die Majubafees bekend gestel. Die prent op die buiteblad is ‘n skildery deur W H Coetzer met die titel: Blye Vooruitsig.


by

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis