Die Lied

LAAT DIE WIELE ROL
Wysie:  Tradisioneel (Rol die wiele, wiele, wiele)
By uitstek ‘n saamsing lied,  met of sonder begeleiding, heerlik as ‘n kanon !

Laat die wiele wiele rol;
Laat rol die wiele van ons wa!
Laat die wiele wiele rol,
Deur heel ons land Suid-Afrika.
Die Groot Trek het begin,
Met geloof die toekoms in!

Laat die wiele wiele rol;
rol vir ons land en volk en taal!
Laat die wiele wiele rol,
Ook ons Geloftes te betaal !
Die Groot Trek het begin,
met geloof die toekoms in!

Laat die wiele wiele rol;
rol vir ons vryheidsideaal!
Laat die wiele wiele rol,
daar’s reeds met goed en bloed betaal!
ons Vryheid te herwin –
met geloof die toekoms in! in! in! in!

In 2013 herdenk ons die GrootTrek van 175 jaar gelede. Die vasberadenheid en veral die geloofsvertoue van die Voortrekkers is vir ons opgeteken in Retief se manifes se slot paragraaf:

“Ons vertrek nou uit ons vrugbare geboorteland waar ons groot skade gelei het en voortdurend bloot gestaan het aan ergenis om ons te gaan vestig in ‘n woeste en gevaarlike gebied, maar ons gaan met ‘n vaste vertroue op ‘n alsiende en regverdige en genadige God, die ons altoos sal vrees en in alle nederigheid sal probeer gehoorsaam.”

Met die Gelofte van 1838 word die geloofsvertroue in die Heilige God van Hemel en aarde opnuut bevestig deur die verwagting van ‘n nageslag duidelik te verwoord:

“..en dat ons ook aan ons kinders sal sê
dat hulle met ons daarin moet deel
tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte –
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van die oorwinning
aan Hom te gee.”

Groot Trek 175 se herdenkings vind dan plaas met die twee geloofsbevestigings as hoekstene vir ons en ons nageslag as ons volk se afhanklikheid van die God van Hemel en aarde !

In die lied: Laat die wiele rol, spreek ons dankbaar maar vreugdevol dieselfde vertroue vir ons toekoms uit, hand aan die ploeg laat ons die wiele rol.


by

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis