Belangrike datums|FAK-nuusbrief

1836
16 Oktober 1836 – Die Slag van Vegkop vind plaas waar ongeveer 6 000 Ndebele die Potgieter-trek aanval. Ná die geveg is 1 137 assegaaie in die laer opgetel. Twee Voortrekkers en 430 Ndebele is gedood. Al die Trekkers se vee is gebuit, naamlik 4 600 beeste, 100 perde en 50 000 stuks kleinvee.
1837
9 September 1837 – Piet Retief kondig aan dat die vyfmankommissie ’n geskikte pas oor die Drakensberg gevind het.
13 September 1837 – Die Voortrekkers verdeel in twee groepe. Piet Retief vertrek na Natal en Potgieter en Maritz noordwaarts op ’n strafekspedisie teen die Ndebele.
7 Oktober 1837 – Piet Retief gaan die eerste keer die Drakensberg af om Port Natal en koning Dingane te besoek. Hy skryf dit is een van die mooiste landstreke wat hy nog ooit in Afrika gesien het.
19 Oktober 1837 – Retief en sy geselskap bereik Port Natal – die latere Durban.
21 Oktober 1837– Retief se trekgeselskap bereik die kruin van die Drakensberg, waar hulle langs ’n stroompie uitspan. Eerwaarde Erasmus Smit skryf dat die besondere rotsformasie hom tot ’n kerk of plek van aanbidding sou kon leen – vandaar die naam Kerkenberg.
30 Oktober 1837 – Hendrik Potgieter en Piet Uys val Mzilikazi met 330 man aan en dien die Ndebele se mag ’n gevoelige knou toe.
1838
23 September 1838 – Gerrit Maritz sterf op die ouderdom van 41 jaar in Sooilaer. Sy laaste woorde was: “Hoe moeilik dit ook lyk, julle sal die opbloei van ons volk seker aanskou in die veelbelowende land.”

25 September 1838 – Gerrit Maritz word net buite sy laer begrawe. Psalm 89:49 en Job 19:26 was die teksverse.

30 September 1838 – Eerwaarde Erasmus Smit doop vyftien kinders.

20 Oktober 1838 – Gerrit Maritz se neef Johan Rudolph word in sy plek as weesheer van die Voortrekkers in Natal aangestel.

23 Oktober 1838 – Die Voortrekkers besluit om ’n dorp aan te lê en dat die dorp na Piet Retief en Gerrit Maritz vernoem sal word. Dit word as die stigtingsdatum van Pietermaritzburg beskou.

25 Oktober 1838 – Die Voortrekkerleier Louis Tregardt sterf in Lourenço Marques.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis