Groottrek 175, Wasbank – Bloedrivier. Des. 2013

Op 9 Desember 2013 begin die simboliese Groot Trek vanaf Wasbank, waar die Voortrekkers die eerste keer in volle teenwoordigheid die Gelofte afgele het.

Alle belangstellende volksgenote sal gedurende die dag op die plaas Blinkwater, van Mnr. Jan Labuschagne vergader.   Om 5 nm. beweeg ons met voertuie na die naby- gelee Wasbankspruit;  onthul die marmer tablet en doen die  herbevestiging van die Gelofte op die plek waar die laer gestaan het.

Persone wat nie weet waar die plaas is nie, moet vooraf reel om vanaf Dundee begelei te word. (Navrae kan gerig word soos hieronder aangedui.) G.p.s. koordinate is ook beskikbaar.

Op 10 Des sal daar n perdekommando bestaande uit dames en mans; drie waens met Afrikaner osse, fietsryers en verskeie motors die pad aandurf na die volgende oornagplek nl. Biggars gat, op die plaas van Mnr. C.A. Froneman.   Daar aangekom, sal daar by die groot dam eers n bietjie kleilat gegooi word; toutrek sal plaasvind  asook ander ontspannings. Die aand sal n klein konsert plaasvind/vertellings/ volksliedjies gesing word, begelei deur die Boeremusiekgulde. Later word afgesluit met aandgodsdiens en herbevestiging van die Gelofte. So sal by elke oornagplek n program wees.

Die derde en vierde oorslaappunte sal by Talana Museum (Dundee) en op die plaas van Mnr. Frik Vreken wees.

Op 13 Desember trek die laaste skof na Bloedrivier.

DIE VOLGENDE FASILITEITE WORD VOORSIEN:

  • n Waterkar met 1000L water
  • Mobiele toilette.
  • Bestellings kan vooraf geplaas word vir vleis braaipakkies.
  • Pap en sous word voorsien vir die aand.
  • Warm water word voorsien.
  • Beperkte stort fasiliteit, veral vir die dames.
  • Vuurmaakhout vir n kampvuur.
  • Pamflette met volksliedjies.

TER INLIGTING:

  • Indien persone nie die volle toer kan meemaak nie, kan daar wel by enige van die ander oornagpunte ingeskakel  word.  Reelings moet net vooraf getref word.
  • Elk sal sorg vir eie slaapgerief(tent/woonwa) en eetgerei.   Oggend-ete is selfversorgend.
  • Persone wat wil deelneem aan die konsert kan vooraf reel en n item lewer.  U is welkom.
  • Geen besprekings is nodig nie.
  • Volksgenote, kom betaal u Gelofte!

 

NAVRAE:  FRANS SCHUTTE … SEL: 0833755198 / BOETMAN DUMINY … SEL: 0836593843.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis