Uitstalling van gipspanele|FAK Nuusbrief

Die VTM is ook besig met ‘n projek en gepaardgaande navorsing vir ‘n uitstalling van die oorspronklike gipspanele van die Fries in die Heldesaal. Daar word beoog om hierdie uitstalling op 16 Desember aan die publiek bekend te stel. Meer hieroor later.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Bloedrivier Besoekersboek|FAK Nuusbrief

Die oorspronklike Bloedrivier-Besoekersboek van 16 Desember 1938 is in die FAK-Argiefversameling wat by die VTM gehuisves word, opgespoor. Die boek het ‘n interessante geskiedenis. Dit is deur ‘n boer in die Bloedrivieromgewing in die vervalle huis van ‘n vorige plaasbestuurder op die terrein in 80er jare  “gered” en aan mnr. George Chadwick oorhandig. Chadwick wat vir  29  jaar in diens van die Raad vir  Nasionale Gedenkwaardighede in Natal was, het die boek veilig bewaar en dit in  in 1998  aan mnr. Hennie de Wet, destydse voorsitter van die Stigting vir die Bloedrivier Gelofteterrein, oorhandig.

Die VTM het die boek gereproduseer en sal dit aan die Bloedrivierbestuur oorhandig om in die Museum aldaar vir naslaandoeleines aan die  nasate en ander belangstellendes beskikbaar te stel  – 75 jaar na die herdenking van die Simboliese Ossewatrek te Bloedrivier. Die oorspronklike sal in die Argief bewaar word.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Belangstellendes|Aankondiging

Indien iemand ‘n bydrae wil maak tot die verdere sukses van Groot Trek 175 herdenking verskaf ons met graagte die volgende besonderhede:

Bank Naam: Eerste Nasionale Bank
Rekening Naam: Groot Trek 175
Takkode: 230145
Rekening Nommer: 62400125416

Posted in Herdenking by with no comments yet.

Uitvoering deur Opera 2000 | Vonkposkennisgewing

Opera 2000 lewer as ‘n kleiner groep weer uitvoerings. Die konserte is deel van die Groot Trek 175-Feesvieringe om op ‘n luisterryke wyse ons daaraan te herinner dat die Voortrekkers Ligdraers van ‘n hoogs beskaafde Westerse Kultuur was.

As pioniers was daar nie ‘n geldmotief agter die Trek nie, maar die behoefte om hulle hoogste morele en kulturele waardes in vryheid uit te leef.

Die eerste van ‘n groep van vier konserte in vind op 14 Junie in die Herv Kerksaal, Meyerspark plaas.

Van die oorspronklike soliste van Opera 2000 wat reeds in 1994 uitvoerings in die Staatsteater en later in die Aula aangebied het, het nou weer bymekaar gekom en gaan ‘n heerlike aand aanbied waarin uittreksels uit Opera’s en Operettes gehoor sal word. Bekende en wonderskone arias, duette, trio’s en kwartette w.o: “Saggies Ontwaak my Hart” uit Simson en Delila (Saint Saens), “Die Sterre het Geskitter” uit Tosca (Puccini), “’n Heimlike Traan,” uit Die Eliksir van die Liefde (Donizetti), Die alombeminde sopraanaria uit La Wally (Catalani) “Mag die Hemel julle Vergewe” uit Martha (Flotow).

Uit die Operettes is daar die heerlike Skattrio uit Die Zigeunerbaron J Strauss en van dieselfde komponis, sy immergroen ensemble “Dui-du.”

Die sangers wat deelneem is Bets Botha, Helena Ceronio, Neels Boonzaaier, Hennie du Plessis, Danie Pretorius, Elma Bester en Johan Vorster. Begeleiding word waargeneem deur Helena Oosthuizen. Uittreksels uit die werke van Verdi, Beethoven, Donizetti, Bellini, Rossini en die Walskoning Johann Strauss is op die program.

Die prys van die kaartjies is R125 pp en sluit sjerrie, sop, toebroodjies, sout en soet versnaperinge in.

Kaartjies is beskikbaar by Bets Botha, tel 0793531997. Bespreek asb betyds aangesien die verversings voorberei moet word.

Die Kerksaal is in Havelockstraat, Meyerspark.

Die konsert begin 19h30 vir 20h00 (ons moet tog almal saam sjerrie drink en gesels) en sal teen 21h15 klaar wees. Genoeg tyd om verder sop en verversings te geniet.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Belangrike Datums | FAK Nuusbrief

1837

4 Maart 1837 – Die Voortrekkers trek geleidelik van Blesberg af tot by die Vetrivier.

17 Maart 1837 – Eerwaarde Erasmus Smit doop die eerste Voortrekkerbaba, Adriana Petronella Potgieter.

28 Maart  1837 – Louis Tregardt bou ʼn skooltjie in Soutpansberg met behulp van sy seuns Pieta en Carolus.

12 April 1837 – Piet Retief en sy trekgeselskap bereik dié van Gerrit Maritz in die Transoranje.

17 April 1837 – Tydens ʼn volksvergadering word Piet Retief as regeringshoof en militêre aanvoerder verkies en Gerrit Maritz behou sy regterlike mag.

1838

1 Maart 1838 – Piet Uys en sy trek sluit by die Trekkers in Natal aan.

28 Maart 1838 – Die Voortrekkers besluit dat ʼn gesamentlike strafekspedisie onder leiding van Hendrik Potgieter en Piet Uys teen Dingane se mag sal optrek.

6 April 1838 – Die strafekspedisie vertrek met 347 man.

11 April 1838 – Piet Uys en sy seun Dirkie sneuwel by Italeni. Die Voortrekkerkommando vlug en Potgieter verlaat Natal.

24 April 1838 – ʼn Voortrekkerpatrollie vang vyf Zulu-spioene naby die Maritz-laer


Posted in Herdenking by with no comments yet.

FAK Nasate projek | FAK Nuusbrief

As deel van die Groot Trek 175-herdenking is die FAK op soek na so veel as moontlik van die jong  nasate van trekkerleiers.

Hierdie nasate moet die naam van die betrokke Trekleier dra. Elkeen van die geïdentifiseerde nasate sal by ‘n FAK-glansgeleentheid op 13 Junie vanjaar ‘n spesiale herdenkingsertifikaat ontvang. Skakel die FAK-kantoor voor 1 Mei 2013 vir ‘n inskrywingsvorm en verdere inligting 012301 1777 of fak@fak.org.za.

Klik hier vir die inskrywingsvorm.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

ATKV Hartenbos museum | FAK Nuusbrief

21 Mei – 24 Mei: Annemarie Carelsen van die Nasionale Kultuurhistoriese Museum gaan lesings gee oor die Groot trek. Sy gesels oor die kleredrag, wapens kos en vele meer.

23 Mei 2013: ʼn Sop, sjerrie- en brood-aand. ʼn Geskiedkundige gaan die gaste toespreek.

ʼn Opstelwedstryd word gehou waar plaaslike skole moet skryf oor enige van die volgende onderwerpe, nl. Die Hartenbos Museum/Voortrekkermonument/
Die Groot Trek. Die wedstryd skop in Mei 2013 af.

Vir meer inligting om betrokke te raak by ATKV-Hartenbos Museum se projekte skakel gerus vir Jeanette Geyer by  044 601 7243 of stuur vir haar ʼn e-pos by jeannetteg@atkv.org.za


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Wat is jou van? Dalk Cilliers of Maritz of Potgieter of Uys? Of miskien Pretorius, Retief of Trichardt? | FAK Nuusbrief

As deel van die Groot Trek 175-herdenking is die FAK op soek na so veel as moontlik van die jong  nasate van trekkerleiers.

Hierdie nasate moet die naam van die betrokke Trekleier dra. Elkeen van die geïdentifiseerde nasate sal by ‘n FAK-glansgeleentheid op 13 Junie vanjaar ‘n spesiale herdenkingsertifikaat ontvang. Skakel die FAK-kantoor voor 1 Mei 2013 vir ‘n inskrywingsvorm en verdere inligting 012301 1777 of fak@fak.org.za.

via FAK Nuusbrief


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Fees verrigtinge in Bloemfontein | Die Vryburger

Dié Komitee is sedert die negentigerjare verantwoordelik om die Geloftefees jaarliks te reël by die Vrouemonument en het oor die jare dit met groot sukses gedoen.

Vanjaar word die hele jaar as ’n Feestyd gereël. Die eerste vieringe het reeds op 12 April plaasgevind en sal deurlopend opgevolg word met ander programme tot by die hoogtepunt wat vanaf 14 Desember tot 16 Desember sal duur.

Die Feeskomitee versoek alle Geloftefeeskomitees, Kultuurverenigings en Afrikaanse Kerke om landswyd afgevaardigdes te stuur om deel te vorm van die massa kranslegging by die Vrouemonument.

Groeteboodskappe kan gestuur word aan die Komitee vir voorlesing tydens die fees.

Die program vir die laaste drie dae is soos volg:

Saterdag, 14 Desember 2013 – “Ek sien haar wen”
(Drama oor die Boervrou tydens die Tweede Vryheidsoorlog)
Sondag, 15 Desember 2013 – Feesgangers en afgevaardigdes woon eredienste by in verskillende kerkgeboue in die stad.
Maandag, 16 Desember 2013 – Geloftedag vieringe by die Vrouemonument.
(Aflegging van Gelofte, voorlesing van toesprake gelewer deur Emily Hobhouse en Pres. Steyn, loslaat van duiwe, en talle ander bedrywighede)

via Fees verrigtinge in Bloemfontein


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Groot terugslag vir Groot Trek | Beeld

Leané Meiring
Dit was ’n gewone Saterdag. Die trekkers het klaar gewerk vir die week. Hulle was ontspanne en het gebraai en kuier voor dié wrede nag van 17 Februarie 1838.

So het dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, gister gesê by die gedenkdiens vir 482 Voortrekkers wat presies 175 jaar gelede wreedaardig deur impi’s van die Zoeloekoning Dingaan met assegaaie doodgesteek is.

Dit was die Groot Trek se grootste terugslag: 185 Voortrekker-kinders, 56 vroue, 41 mans en 200 dienswerkers het in die slagting by Bloukrans in die hedendaagse KwaZulu-Natal omgekom. “Daar was net verminkte lyke, bloed wat van die ossewaens afgedrup het en vertrapte babas onder die waens se wiele? …”, het Langner dramaties aan die groep Voortrekkers gesê wat gister by die Bloukrans-monument byeengekom het. Hulle het van heinde en verre gekom om eer aan die trekkers te betoon. Vier ruiters van Pretoria het hul perde opgesaal en dié groep Voortrekkers se spore van Kerkenberg
tot by Bloukrans gevolg.

via Groot terugslag vir Groot Trek


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis