Belangrike Datums | FAK Nuusbrief

1837

4 Maart 1837 – Die Voortrekkers trek geleidelik van Blesberg af tot by die Vetrivier.

17 Maart 1837 – Eerwaarde Erasmus Smit doop die eerste Voortrekkerbaba, Adriana Petronella Potgieter.

28 Maart  1837 – Louis Tregardt bou ʼn skooltjie in Soutpansberg met behulp van sy seuns Pieta en Carolus.

12 April 1837 – Piet Retief en sy trekgeselskap bereik dié van Gerrit Maritz in die Transoranje.

17 April 1837 – Tydens ʼn volksvergadering word Piet Retief as regeringshoof en militêre aanvoerder verkies en Gerrit Maritz behou sy regterlike mag.

1838

1 Maart 1838 – Piet Uys en sy trek sluit by die Trekkers in Natal aan.

28 Maart 1838 – Die Voortrekkers besluit dat ʼn gesamentlike strafekspedisie onder leiding van Hendrik Potgieter en Piet Uys teen Dingane se mag sal optrek.

6 April 1838 – Die strafekspedisie vertrek met 347 man.

11 April 1838 – Piet Uys en sy seun Dirkie sneuwel by Italeni. Die Voortrekkerkommando vlug en Potgieter verlaat Natal.

24 April 1838 – ʼn Voortrekkerpatrollie vang vyf Zulu-spioene naby die Maritz-laer


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis