Fees verrigtinge in Bloemfontein | Die Vryburger

Dié Komitee is sedert die negentigerjare verantwoordelik om die Geloftefees jaarliks te reël by die Vrouemonument en het oor die jare dit met groot sukses gedoen.

Vanjaar word die hele jaar as ’n Feestyd gereël. Die eerste vieringe het reeds op 12 April plaasgevind en sal deurlopend opgevolg word met ander programme tot by die hoogtepunt wat vanaf 14 Desember tot 16 Desember sal duur.

Die Feeskomitee versoek alle Geloftefeeskomitees, Kultuurverenigings en Afrikaanse Kerke om landswyd afgevaardigdes te stuur om deel te vorm van die massa kranslegging by die Vrouemonument.

Groeteboodskappe kan gestuur word aan die Komitee vir voorlesing tydens die fees.

Die program vir die laaste drie dae is soos volg:

Saterdag, 14 Desember 2013 – “Ek sien haar wen”
(Drama oor die Boervrou tydens die Tweede Vryheidsoorlog)
Sondag, 15 Desember 2013 – Feesgangers en afgevaardigdes woon eredienste by in verskillende kerkgeboue in die stad.
Maandag, 16 Desember 2013 – Geloftedag vieringe by die Vrouemonument.
(Aflegging van Gelofte, voorlesing van toesprake gelewer deur Emily Hobhouse en Pres. Steyn, loslaat van duiwe, en talle ander bedrywighede)

via Fees verrigtinge in Bloemfontein


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis