Trek saam op Facebook | Beeld

Trek saam op Facebook

2013-02-08 22:26

Jou Facebook-profiel Leané MeiringNá 175 jaar het die geskiedkundige geeste van die Groot Trek hul eie Facebook-profiele gekry waar mense op die hoogte kan bly van die verskillende laers se daaglikse doen en late.

Piet Retief, Hendrik Potgieter, Louis Tregardt, Anna Steenkamp (Retief se niggie) en selfs Dingaan het elk hul eie profiele op dié sosiale netwerk wat deur dr. Jackie Grobler, ’n geskiedkundige verbonde aan die Universiteit van Pretoria (UP), bygewerk word.

Dié herlewingsprojek, wat gedryf word deur Maroela Media en Grobler, is ter viering van die Groot Trek wat 175 jaar gelede in 1835 begin het toe ’n groep Voortrekkers met hul kakebeen-ossewaens uit die Kaap getrek het.

“Almal weet min of meer wat gebeur het, maar die menslikheid agter die geskiedenis gaan so maklik verlore,” het Susan Lombard, projekkoördineerder by Maroela Media, gesê.

Daar was bruilofte en begrafnisse op dieselfde dag en Lombard meen dié projek gaan Afrikaners opnuuts trots maak op hul geskiedenis.

Volgens Grobler is alle inskrywings getrou aan die geskiedenis omdat leiers soos Tregardt werklik dagboek gehou het van die Trek.

Grobler het vertel dat Piet Retief op 6 Februarie dood is, maar dat die trekkers die nuus eers op 17 Februarie ontvang het.

“Nou soek die ander karakters hom vreeslik op Facebook en Lenie, sy vrou, spreek gereeld haar kommer uit.”

Grobler het gesê die ander karakters sal volgende week van die slegte tyding te hore kom op Facebook.

Namate ou karakters afsterf, sal nuwe karakters na vore kom en nuwe profiele sal geskep word vir onder andere Andries Pretorius.

Daar gaan ook kort voor lank ’n profiel geskep word vir ’n jong meisie op die Trek.

“ ’n Karakter waarmee jongmense kan identifiseer,” het Lombard gesê.

Lede van die publiek herleef ook die drama en lewer kommentaar op die Facebook-inskrywings.

“Piet Retief, jy is gewaarsku! Wees versigtig!” skryf Tienie en Hannelien Hattingh.

Lombard en Grobler sit ook koppe bymekaar en probeer mense se vrae oor die Trek so getrou moontlik antwoord.

Retief was tot dusver die gewildste trekker op Facebook met 285 “likes” en Lenie sal voortaan sy profiel oorneem.


Só lyk Hendrik Potgieter se Facebook-profiel. Foto: FACEBOOK


Só lyk Dingaan se Facebook-profiel.Foto: FACEBOOK


Só lyk Piet Retief se Facebook-profiel.Foto: FACEBOOK


Só lyk Louis Tregardt se Facebook-profiel.Foto: FACEBOOKvia Trek saam op Facebook | Beeld.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis