Groot Trek-boek op historiese trek bekendgestel – Solidariteit

Groot Trek-boek op historiese trek bekendgestel21 Februarie 2013

Deur Ilze Nieuwoudt

Kraal Uitgewers, die uitgewersmaatskappy van die Solidariteit Beweging, het die afgelope naweek ʼn historiese trek in die voetspore van die Voortrekkers onderneem en uiteindelik by die Bloukransmonument – presies 175 jaar ná die tragiese moorde hier op die Voortrekkers – ʼn boek ter herdenking aan die kinders van die Groot Trek bekendgestel.

Die boek, uit die pen van dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, is gepas getiteld Trekkerkinders en ondersoek onder meer 14 heldeverhale van bekende kinders uit die Trek soos Dirkie Uys en die Bezuidenhout-broers (soos oorspronklik opgeteken deur onder andere C.R. Swart en J.D. Kestell). Daarbenewens sluit die boek meer as ʼn dosyn gedigte in met die Groot Trek as tema deur meesters soos C. Louis Leipoldt, Totius en A.G. Visser. Die lewe van kinders in die tyd van die Trek word van naderby beskou en ou Voortrekkerspeletjies, -gesegdes en selfs geliefde Voortrekkerdisse word herontdek.

Die historiese perderit is deur verteenwoordigers van Kraal Uitgewers, die FAK en Solidariteit onderneem en het aangedoen by onder meer die Retief-klip in Kerkenberg, Marthinus Oosthuizen (ook bekend as die held van Rensburg-koppie) se graf in Winterton en die Bloukransmonument buite Colenso.

Volgens Johan Kruger, hoof van Kraal Uitgewers, was die doel van die rit om eerstens die 175 jaar sedert die hoogtepunt van die Groot Trek in 1838 te vier en ook om op die spore van die Voortrekkers te loop. “Die rit het vir elkeen wat saamgegaan het ʼn idee gegee van dit wat die Voortrekkers beleef het – die son, reën, en skoonheid van Natal en ook ʼn seer lyf na ʼn lang dag op jou geliefde perd se rug,” verduidelik Kruger.

Trekkerkinders vertel verskeie treffende verhale van kinders wat die aanvalle by Bloukrans oorleef het en daarom is besluit om die boek tydens ʼn gedenkgeleentheid by die monument bekend te stel. Meer as 500 mense – waaronder meer as 180 kinders – is in die nag en vroeë oggendure van 16 en 17 Februarie 1838 hier vermoor.

“Trekkerkinders skets ’n prentjie van die wêreld van die Groot Trek op ’n eenvoudige en verstaanbare wyse. Dit is die ideale gids vir ouers, onderwysers of ander volwassenes wat die geskiedenis van die Groot Trek aan die volgende geslag wil oordra. Deur verhale van opoffering, hartseer, moed en heldedade sal hedendaagse Afrikanerkinders kan verstaan wat hul voorouers meer as 175 jaar gelede deurgemaak het,” meen Langner.

Trekkerkinders is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers en kos R80 (R20-posgeld uitgesluit). Om die boek te bestel SMS “TREK” na 34388, stuur ’n e-pos na kraal@solidariteit.co.za, of skakel 012 644 4329 .

via Groot Trek-boek op historiese trek bekendgestel – Solidariteit.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis