GHA dagboek

Ek blaai noudiedag deur die dagboek wat deur die GHA uitgegee word en merk die gesigte en name van diegene wie hulle met Afrikaner leiers identifiseer. Twee goed kom toe dadelik by op. Die eerste is wat is die definisie van ‘n leier en die tweede is wie presies is hierdie Afrikaners waarvan hier gepraat word. Om die definisie van ‘n leier vas te maak is seker afhanklik van watter boek jy gelees het. Nietemin sal ‘n mens intuïtief aanvoel dat ‘n leier iets, iemand, ‘n groep of ‘n volk moet lei. Die term Afrikaner leier sluit natuurlik leiers soos Jacoba Zuma uit want hy lei wel maar net kriminele elemente. Onder hierdie kriminele groep is natuurlik ook Afrikaners; maar dit sluit ook nie-Afrikaners in wat Jacoba Zuma dus nie ‘n Afrikaner leier kan maak nie. ‘n Mens sou ook moedswillig kon vermoed dat ’n meningsvormer dalk ‘n Afrikaner leier kan wees. In hierdie groep tel natuurlik mense wat soms boeke oor die Afrikaner skryf en selfs Afrikaner sangers wat moontlik ‘n groot gevolg kan hê. Hierdie groep lei nie regtig nie aangesien hulle net hulle beskouing van die Afrikaner verwoord en/of uitbeeld; maar nie daadwerklik die toekoms van die spesifieke groep onder bespreking wil verbeter of uitbou nie…

via  GHA Dagboek


Posted in Herdenking by with no comments yet.

GHA Gedigte Kompetisie

18 Maart 2013
Aan: Alle Digters en Skrywers
Liewe Taalgenoot,
Graag herinner ons u aan die GHA se jaarlikse gedigtekompetisie wat op 30 Junie 2013 sluit.

Daar is vier Kategorië:

Kategorie Besonderhede
OPE  GHA Gedigtekompetisie 2013 vir Kategorie OPE
VOORGRAADSE STUDENTE  GHA Gedigtekompetisie 2013 vir STUDENTE
HOëRSKOOLLEERLING  GHA Gedigtekompetisie 2013 vir HOëRSKOLE
LAERSKOOLLEERLINGE  GHA Gedigtekompetisie 2013 vir LAERSKOLE

Dit is binnekort op ons webblad by beskikbaar.
Die wenners word tydens die GHA Glansaand op 2 November 2013 aangekondig. ‘n Bloemlesing met ‘n keur van die gedigte word ook dié aand daar vrygestel. Die titel van dié Bloemlesing is Stemme uit die Suiderland VIII.
Skole wie se leerlinge deelneem aan die dié kompetisie, sal ‘n gratis kopie van Stemme uit die Suiderland VIII vir hulle biblioteek ontvang.

Laat die wiele rol, vir Afrikaans.
Vriendelike GHA-groete.
André Alkema
Voorsitter
082 570 0184

www.afrikaans.org.za


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Afrikaner Kultuurbond en Groot Trek 175 | Die Vryburger

Afrikaner Kultuurbond en Groot Trek 175

December 17, 2012

In 2013 herdenk ons volk die Groot Trek van 175 jaar gelede. Die vasberadenheid en veral die geloofsvertoue van die Voortrekkers is vir ons opgeteken in Retief se manifes se slot paragraaf:

“Ons vertrek nou uit ons vrugbare geboorteland waar ons groot skade gelei het en voortdurend bloot gestaan het aan ergenis om ons te gaan vestig in ‘n woeste en gevaarlike gebied, maar ons gaan met ‘n vaste vertroue op ‘n alsiende en regverdige en genadige God, die ons altoos sal vrees en in alle nederigheid sal probeer gehoorsaam.”

Met die Gelofte van 1838 word die geloofsvertroue in die Heilige God van Hemel en aarde opnuut bevestig deur die verwagting van ‘n nageslag duidelik te verwoord:

“..en dat ons ook aan ons kinders sal sê
dat hulle met ons daarin moet deel
tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte –
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van die oorwinning
aan Hom te gee.”

via Afrikaner Kultuurbond en Groot Trek 175 | Die Vryburger.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Groot Trek 175

Groot Trek 175

February 11, 2013 |

Vanjaar se fees vind plaas in die jaar waarin ons die Groot Trek 175 herdenk. So, almal wat om 9h30 op Saterdag 23 Februarie saam met ons die berg bestyg en die kruin bereik, kan ‘n medalje kry as aandenking van die besondere dag en uitstappie. Op die medalje (foto hierby) is die embleem van die Groot Trek 175 geslaan.

via Groot Trek 175.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Groot Trek-boek op historiese trek bekendgestel – Solidariteit

Groot Trek-boek op historiese trek bekendgestel21 Februarie 2013

Deur Ilze Nieuwoudt

Kraal Uitgewers, die uitgewersmaatskappy van die Solidariteit Beweging, het die afgelope naweek ʼn historiese trek in die voetspore van die Voortrekkers onderneem en uiteindelik by die Bloukransmonument – presies 175 jaar ná die tragiese moorde hier op die Voortrekkers – ʼn boek ter herdenking aan die kinders van die Groot Trek bekendgestel.

Die boek, uit die pen van dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, is gepas getiteld Trekkerkinders en ondersoek onder meer 14 heldeverhale van bekende kinders uit die Trek soos Dirkie Uys en die Bezuidenhout-broers (soos oorspronklik opgeteken deur onder andere C.R. Swart en J.D. Kestell). Daarbenewens sluit die boek meer as ʼn dosyn gedigte in met die Groot Trek as tema deur meesters soos C. Louis Leipoldt, Totius en A.G. Visser. Die lewe van kinders in die tyd van die Trek word van naderby beskou en ou Voortrekkerspeletjies, -gesegdes en selfs geliefde Voortrekkerdisse word herontdek.

Die historiese perderit is deur verteenwoordigers van Kraal Uitgewers, die FAK en Solidariteit onderneem en het aangedoen by onder meer die Retief-klip in Kerkenberg, Marthinus Oosthuizen (ook bekend as die held van Rensburg-koppie) se graf in Winterton en die Bloukransmonument buite Colenso.

Volgens Johan Kruger, hoof van Kraal Uitgewers, was die doel van die rit om eerstens die 175 jaar sedert die hoogtepunt van die Groot Trek in 1838 te vier en ook om op die spore van die Voortrekkers te loop. “Die rit het vir elkeen wat saamgegaan het ʼn idee gegee van dit wat die Voortrekkers beleef het – die son, reën, en skoonheid van Natal en ook ʼn seer lyf na ʼn lang dag op jou geliefde perd se rug,” verduidelik Kruger.

Trekkerkinders vertel verskeie treffende verhale van kinders wat die aanvalle by Bloukrans oorleef het en daarom is besluit om die boek tydens ʼn gedenkgeleentheid by die monument bekend te stel. Meer as 500 mense – waaronder meer as 180 kinders – is in die nag en vroeë oggendure van 16 en 17 Februarie 1838 hier vermoor.

“Trekkerkinders skets ’n prentjie van die wêreld van die Groot Trek op ’n eenvoudige en verstaanbare wyse. Dit is die ideale gids vir ouers, onderwysers of ander volwassenes wat die geskiedenis van die Groot Trek aan die volgende geslag wil oordra. Deur verhale van opoffering, hartseer, moed en heldedade sal hedendaagse Afrikanerkinders kan verstaan wat hul voorouers meer as 175 jaar gelede deurgemaak het,” meen Langner.

Trekkerkinders is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers en kos R80 (R20-posgeld uitgesluit). Om die boek te bestel SMS “TREK” na 34388, stuur ’n e-pos na kraal@solidariteit.co.za, of skakel 012 644 4329 .

via Groot Trek-boek op historiese trek bekendgestel – Solidariteit.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Oom David doen die Groot trek – General | looklocal

Oom David doen die Groot trek

Die Voortrekkerwa wat in 1988 gebou is vir die deelname toe die Groot trek 150 jaar gevier het. Die wa word tans opgeknap vir die viering van die groot trek wat 175 jaar terug gebeur het.

Die Voortrekkerwa wat in 1988 gebou is vir die deelname toe die Groot trek 150 jaar gevier het. Die wa word tans opgeknap vir die viering van die groot trek wat 175 jaar terug gebeur het

‘n Bekende inwoner van Tzaneen gaan die roete van die Groot trek volg.

21 February 2013

2013 is Groot Trek 175. Die Groot Trek word vanjaar vir die 175ste keer herdenk.

Daar sal die heel jaar regoor die hele land herdenkingsgeleenthede wat die Groot Trek herdenk, gehou word. Dit sal weer die soeklig op die volksgeskiedenis van die Afrikaner laat val.

Tzaneen het in 1988 ‘n beduidende rol gespeel om werklike watrekke met ossespanne op herdenkingstrekke vanuit die Noord-Transvaal na Pretoria en die Voortrekkermonument te kry.

Kultuurkringe in Pretoria het reeds navraag aan Tzaneen gerig of hier weer ‘n wa en osse voorsien kan word. Dit word voorsien dat die watrek met begeleide ruiters vanaf 7 Desember tot 16 Desember vanjaar vanaf Wasbank in Natal so na as moontlik die roete van die watrek van Andries Pretorius tot by die Bloedrivierterrein op 16 Desember sal volg.

Voelers is reeds na ander streke uitgesteek om te verneem of daar meer waens die trek sal meemaak, met positiewe reaksie.

Die Geloftefees komitee van Tzaneen staan as voog van die afskopgeleentheid en die ander Geloftefees komitees van die breër Letaba/Letsitele-streek worg genooi om mee te werk in die Noord-Laeveldse projek.

Belangstellendes kan Dawid Grobbelaar skakel by 083 306 0809.

via Oom David doen die Groot trek – General | looklocal Tzaneen And Surrounds.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

GHA Tuis

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) glo dat iemand wat sy geskiedenis ken ook ‘n waardering vir sy taal sal hê.

Afrikaanse Dagboek vir 2013 en

Die Groot Trek 175

Die GHA in samewerking met talle Afrikaner kultuurorganisasies en instellings is aan die spits van die GROOT TREK 175 feesvieringe wat hierdie jaar landwyd aangebied word. Klik hier vir die bekendstelling van die Afrikaanse Dagboek/Gedenkboek

via GHA Tuis.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Die Groot Trek Argief : Maroela Media

Die Groot Trek-nuus gaan jou op hoogte hou met belangrike en alledaagse gebeure wat deel gevorm het van die Groot Trek, vanjaar 175 jaar gelede. Feitelike inligting word verskaf deur dr. Jackie Grobler, geskiedkundige verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Kom trek saam!

via Die Groot Trek Argief : Maroela Media.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Lyding van 1838 se kinders in Pta gedenk | Beeld

Lyding van 1838 se kinders in Pta gedenk

2012-12-16 21:44

Alet Rademeyer Duisende besoekers het gister die Geloftediens by die Voortrekkermonument buite Pretoria bygewoon.

Dr. Danie Langner van die NG kerk Doornkloof en uitvoerende hoof van die FAK, het die diens in die stampvol monument gelei, terwyl hordes mense ook buite onder tente, sambrele en op kampstoele daarna geluister het.

Hy het gefokus op die verhaal van Rachel, wat getreur het oor haar kinders wat nie meer daar is nie.

Langner het gesê: “Dalk wil jy soos Rachel treur oor hierdie land – oor elke kind wat blootgestel word aan misdaad, geweld en mishandeling, elkeen wat honger is of wees gelaat word”.

’n Mens kan die Voortrekkers van 1838 vandag in die gees ontmoet en ook dink aan die smart van daardie kinders, het hy gesê.

Hy het na die friese in die monument gewys wat van die hartseer tonele uitbeeld – Deborah Retief wie se pa en boetie vermoor is, die trekkerseun Pieter wie se kop met ’n knopkierie verbrysel is en Dirkie Uys, wat tragies langs sy pa op sy perd gesterf het.

Die gebeure by Bloukrans en Moordspruit is ook in herinnering geroep waar 185 kindertjies in een nag vermoor is.

Langner het gesê die Voortrekkers wat die Gelofte die eerste afgelê het, was ook pa’s met klein kindertjies wat gesien het watter offers die land van hulle vra – pa’s wat ook geworstel het met die vraag of daar regtig vir hul kinders ’n toekoms in hierdie Offerland van FA Venter is.

Langner het gesê God sien die nood van kinders en die trane van ouers raak.

“Die Here sê vandag weer, soos destyds vir Rachel, dat sy nie moet huil nie en dat daar ’n toekoms vir haar kinders is.”

Drie klipstene met die Gelofte in Nederlands, Afrikaans en Engels daarop is ook gister onthul in die aanloop tot volgende jaar se viering van die Groot Trek 175 jaar gelede.

Tientalle Afrikaanse organisasies gaan aan die vieringe deelneem.

Terwyl duisende besoekers om presies 12:00 gekyk het hoe die son op die senotaaf val, het afgevaardiges van die monument en Freedom Park mekaar by die gemeenskaplike toegangshek ontmoet en saam gebid as deel van Versoeningsdag.


Drie klipstene met die woorde van die Gelofte in Nederlands, Afrikaans en Engels is gister ná die Geloftediens by die Voortrekkermonument onthul. Van links is Sonja Lombard, besturende direkteur van die monument, dr. Willem Cruywagen, beskermheer van die monument, en Ina Strijdom, DA-raadslid.


Besoekers aan die Voortrekkermonument kyk hoe die son presies om 12:00 op die senotaaf val met die woorde “Ons vir jou Suid-Afrika”. Foto’s: Liza van Deventer

via Lyding van 1838 se kinders in Pta gedenk | Beeld.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Susanna dreun op Schanskop | Beeld

2013-02-02 03:04

Alet RademeyerSusanna, ’n skeepskanon van die 19de eeu, is gister presies om 12:00 by Fort Schanskop op die Voortrekkermonument-terrein buite Pretoria afgevuur ter viering van die Groot Trek 175 jaar gelede.

Dit is een van verskeie optredes wat vir vanjaar beplan word om die Groot Trek te vier. Susanna sal nou tot einde Desember op elke eerste Vrydag van die maand om 12:00 afgevuur word.

Rolf Deffur, ’n kanonnier en lid van die kanonvereniging van Suid-Afrika, het gister sowat 1 pond buskruit, wat tussen R200 en R300 kos, gebruik om die skoot af te vuur.

Sonja Lombard, uitvoerende hoof van die monument, het gesê die fort is gebou om Pretoria te beskerm, maar nie ’n enkele skoot is gevuur nie. “Die stil fort het vandag ’n stem gekry waarmee ons die geskiedenis en ons kultuur wil onthou.”

Susanna is in die 1970’s tydens opknappingswerk by die Cape Town High School opgegrawe. Daarna het dit 35 jaar in die skool se voorportaal gestaan.

In 2002 het die monument na ’n kanon begin soek om te gebruik by spesiale geleenthede.

M.C. Heunis, ’n vrywilliger verbonde aan die monument, het oud-vlootkommandeur Gerry de Vries genader om na ’n geskikte kanon te soek.

Susanna is toe geïdentifiseer as ’n Britse sespond-skeepskanon wat dateer van 1820. Tydens die Groot Trek het baie van die Trekkers van hierdie kanonne met hulle saamgeneem die binneland in.

Die skool het Susanna aan die monument geskenk omdat dit ’n historiese rusplek sou kry.

De Vries het die kanon gere­stoureer en nuwe toebehore soos ’n laaistok, spons en kruitskeppie daarvoor gemaak.

Heunis en nog ’n vrywilliger, Johan Wolvaardt, het vir die kanon ’n wa gemaak van onderdele wat hulle van ’n ou transportwa geneem het. Prof. Erik Holm, bekende wamaker, het die oorspronklike wiele vir die kanonwa versien.

Die monument het die kanonwa in 2003 in ontvangs geneem.

Die publiek is welkom om die volgende geleenthede waar kanonskote afgevuur sal word by te woon. Die toegangsgeld is R10.


Susanna, ’n sespond-skeepskanon wat van 1820 dateer, is gister by Fort Schanskop buite Pretoria afgevuur ter herdenking van die Groot Trek. Foto: Theana Breugem

via Susanna dreun op Schanskop | Beeld.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis