Susanna dreun op Schanskop | Beeld

2013-02-02 03:04

Alet RademeyerSusanna, ’n skeepskanon van die 19de eeu, is gister presies om 12:00 by Fort Schanskop op die Voortrekkermonument-terrein buite Pretoria afgevuur ter viering van die Groot Trek 175 jaar gelede.

Dit is een van verskeie optredes wat vir vanjaar beplan word om die Groot Trek te vier. Susanna sal nou tot einde Desember op elke eerste Vrydag van die maand om 12:00 afgevuur word.

Rolf Deffur, ’n kanonnier en lid van die kanonvereniging van Suid-Afrika, het gister sowat 1 pond buskruit, wat tussen R200 en R300 kos, gebruik om die skoot af te vuur.

Sonja Lombard, uitvoerende hoof van die monument, het gesê die fort is gebou om Pretoria te beskerm, maar nie ’n enkele skoot is gevuur nie. “Die stil fort het vandag ’n stem gekry waarmee ons die geskiedenis en ons kultuur wil onthou.”

Susanna is in die 1970’s tydens opknappingswerk by die Cape Town High School opgegrawe. Daarna het dit 35 jaar in die skool se voorportaal gestaan.

In 2002 het die monument na ’n kanon begin soek om te gebruik by spesiale geleenthede.

M.C. Heunis, ’n vrywilliger verbonde aan die monument, het oud-vlootkommandeur Gerry de Vries genader om na ’n geskikte kanon te soek.

Susanna is toe geïdentifiseer as ’n Britse sespond-skeepskanon wat dateer van 1820. Tydens die Groot Trek het baie van die Trekkers van hierdie kanonne met hulle saamgeneem die binneland in.

Die skool het Susanna aan die monument geskenk omdat dit ’n historiese rusplek sou kry.

De Vries het die kanon gere­stoureer en nuwe toebehore soos ’n laaistok, spons en kruitskeppie daarvoor gemaak.

Heunis en nog ’n vrywilliger, Johan Wolvaardt, het vir die kanon ’n wa gemaak van onderdele wat hulle van ’n ou transportwa geneem het. Prof. Erik Holm, bekende wamaker, het die oorspronklike wiele vir die kanonwa versien.

Die monument het die kanonwa in 2003 in ontvangs geneem.

Die publiek is welkom om die volgende geleenthede waar kanonskote afgevuur sal word by te woon. Die toegangsgeld is R10.


Susanna, ’n sespond-skeepskanon wat van 1820 dateer, is gister by Fort Schanskop buite Pretoria afgevuur ter herdenking van die Groot Trek. Foto: Theana Breugem

via Susanna dreun op Schanskop | Beeld.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Groepie stap in spore van Voortrekkers | Beeld

2013-02-15 00:59

Feesgangers wat vanjaar die Mujababerg klim, sal ’n bronsmedalje met dié embleem kry ter viering van die Groot Trek.

Alet Rademeyer

Die viering van die Groot Trek 175 jaar gelede kry stukrag met ’n groepie mense wat vandag van Pretoria af vertrek om die naweek op die spore van die Voortrekkers te loop.

Die roete is van Kerkenberg tot Bloukrans waar die hoogtepunt Sondag by die Bloukrans-monument sal wees met ’n vlag­seremonie en ’n historiese oorsig oor Bloukrans deur dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK.

Kerkenberg is naby die Sterkfonteindam en dit is op dié plek tussen Harri-smith en Winterton waar Debora Retief, haar pa, Piet, se naam op 12 November 1837 op sy 57ste verjaardag geverf het.

Dit was in die tyd wat Retief vir die eerste keer na Dingaan is om oor ’n grondgebied vir die Voortrekkers te onderhandel.

Die trekkers het toe hulle die nuus oor positiewe onderhandelinge gekry het, besluit om van Kerkenberg met ’n steil pas teen die Drakensberg af te trek tot in KwaZulu-Natal. Dié pas is later die Retief-pas gedoop en is nou ’n nasionale monument.

Die groep sal Vrydag Bergville aandoen waar die monument van die Kaalvoetvrou is. Dit is op 10 Oktober 1977 onthul en gedenk die woorde van Susanna Smit, vrou van eerw. Erasmus Smit en suster van Gerrit Maritz.

Sy het na aanleiding van die Britse anneksasie gesê: “Ons loop liewer kaalvoet terug oor die Drakensberg as om onder die Britse juk te buig.”

Saterdag sal die groep by die Bloukrans-monument naby Weenen aankom. Dit is hier waar veral die Engelbrechts, Greylings, Rossouws, De Beers, Bezuidenhouts, Bothas, Liebenbergs en Smits gekamp het en in die nag van 16/17 Februarie aangeval is. Die oorskot van die trekkers wat tydens die aanval gesterf het, is later by die Bloukrans-monumentterrein herbegrawe. Sowat 400 mense, onder wie 185 kinders, is doodgemaak.

’n Kranslegging sal ook Sondag by die monument gehou word om die gebeure te onthou.

Volgende naweek sal die Slag van Majuba herdenk word wat op 27 Februarie 1881 gebeur het.

Honderde feesgangers klim elke jaar die Mujababerg uit en vanjaar sal hulle ’n bronsmedalje met die embleem van die Groot Trek 175 kan kry.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Trek saam op Facebook | Beeld

Trek saam op Facebook

2013-02-08 22:26

Jou Facebook-profiel Leané MeiringNá 175 jaar het die geskiedkundige geeste van die Groot Trek hul eie Facebook-profiele gekry waar mense op die hoogte kan bly van die verskillende laers se daaglikse doen en late.

Piet Retief, Hendrik Potgieter, Louis Tregardt, Anna Steenkamp (Retief se niggie) en selfs Dingaan het elk hul eie profiele op dié sosiale netwerk wat deur dr. Jackie Grobler, ’n geskiedkundige verbonde aan die Universiteit van Pretoria (UP), bygewerk word.

Dié herlewingsprojek, wat gedryf word deur Maroela Media en Grobler, is ter viering van die Groot Trek wat 175 jaar gelede in 1835 begin het toe ’n groep Voortrekkers met hul kakebeen-ossewaens uit die Kaap getrek het.

“Almal weet min of meer wat gebeur het, maar die menslikheid agter die geskiedenis gaan so maklik verlore,” het Susan Lombard, projekkoördineerder by Maroela Media, gesê.

Daar was bruilofte en begrafnisse op dieselfde dag en Lombard meen dié projek gaan Afrikaners opnuuts trots maak op hul geskiedenis.

Volgens Grobler is alle inskrywings getrou aan die geskiedenis omdat leiers soos Tregardt werklik dagboek gehou het van die Trek.

Grobler het vertel dat Piet Retief op 6 Februarie dood is, maar dat die trekkers die nuus eers op 17 Februarie ontvang het.

“Nou soek die ander karakters hom vreeslik op Facebook en Lenie, sy vrou, spreek gereeld haar kommer uit.”

Grobler het gesê die ander karakters sal volgende week van die slegte tyding te hore kom op Facebook.

Namate ou karakters afsterf, sal nuwe karakters na vore kom en nuwe profiele sal geskep word vir onder andere Andries Pretorius.

Daar gaan ook kort voor lank ’n profiel geskep word vir ’n jong meisie op die Trek.

“ ’n Karakter waarmee jongmense kan identifiseer,” het Lombard gesê.

Lede van die publiek herleef ook die drama en lewer kommentaar op die Facebook-inskrywings.

“Piet Retief, jy is gewaarsku! Wees versigtig!” skryf Tienie en Hannelien Hattingh.

Lombard en Grobler sit ook koppe bymekaar en probeer mense se vrae oor die Trek so getrou moontlik antwoord.

Retief was tot dusver die gewildste trekker op Facebook met 285 “likes” en Lenie sal voortaan sy profiel oorneem.


Só lyk Hendrik Potgieter se Facebook-profiel. Foto: FACEBOOK


Só lyk Dingaan se Facebook-profiel.Foto: FACEBOOK


Só lyk Piet Retief se Facebook-profiel.Foto: FACEBOOK


Só lyk Louis Tregardt se Facebook-profiel.Foto: FACEBOOKvia Trek saam op Facebook | Beeld.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

Trek gevier met bielie-brood | Beeld

Trek gevier met bielie-brood

2013-03-04 22:57

Alet RademeyerSowat 100 Voortrekkers van die Polsslag-kommando in Centurion het gistermiddag geswoeg om die langste “wel­beloontjie” nog in die land aanmekaar te slaan.

Stokbrood het toentertyd as “welbeloontjies” onder die Voortrekkers bekend gestaan.

Die poging om ’n stokbrood van langer as 20 m te bak, is deel van die viering van die Groot Trek 175 jaar gelede.

’n Tradisionele resep vir dié lekkerny is opgeteken in Trekkerkinders, Kraal-uitgewers se jongste boek.

Dit is deur dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, geskryf.

Hy het gesê g’n plaaslike rekord kon vir die langste stokbrood opgespoor word nie en ’n mikpunt van 20 m is gestel.

Klein en groot Voortrekkers het die deeg om die lang ysterstaaf gepak voordat met die delikate braaiproses onder oop kole begin is.

Trekkerkinders fokus op die geskiedenis van die Groot Trek, veral kinders se rol.

Dit bevat ’n opsomming van die belangrikste Trek-gebeure, kort profiele van ’n paar leiers­ en 14 heldeverhale van kinders soos opgeteken deur onder andere C.R. Swart en J.D. Kestell.

Die lewe van kinders in die tyd van die Trek word beskou en ou Voortrekkerspeletjies, gesegdes en geliefde Voortrekkergeregte word herontdek.

Die boek bevat ook gedigte oor die Trekkers se wel en wee uit die pen van onder andere C. Louis Leipoldt, Totius en A.G. Visser.

“Deur verhale van opoffering, hartseer, moed en heldedade kan Afrikanerkinders verstaan wat hul voorouers meer as 175 jaar gelede deurgemaak het,” het Langner gesê.


Voortrekkers van die Polsslag-kommando in Centurion het gistermiddag gehelp om sover bekend die langste stokbrood in die land te bak. Dit is deel van die viering van die Groot Trek 175 jaar gelede. Foto: Brendan Croft

via Trek gevier met bielie-brood | Beeld.


Posted in Herdenking by with no comments yet.

viagra suomi cialis kopen viagra pillen cialis prijs kamagra bestellen priligy bestellen viagra bestellen viagra pil levitra kopen kamagra oral jelly viagra apotheek cialis kopen viagra prijs Kjøp Cialis viagra pris kjøp cialis